WBW Uniform en Heraldiek


DIE LEEU
(Bybel teksvers aanhalings uit die 1933 / 1953 Bybel vertaling)


Openbaring 5:5 sê die volgende: "Toe sê een van die ouderlinge vir my: "Moenie huil nie. Kyk, die Leeu uit die stam van Juda, die Afstammeling van Dawid, het die oorwinning behaal en kan die boek met die sewe seëls oopmaak." Lees asseblief ook Openbaring 5:1 tot 14 asook Jesaja 11:1-10 ter ondersteuning van die uitgewysde Skrifgedeelte.

In Openbaring 5 sien ons dat niemand die wêreld van die sonde kan verlos nie. Slegs die Leeu kan verseker dat mense gelukkig lewe. Die Leeu wat ook terseldertyd die Lam was is Jesus Christus, die Seun van God. Hierdie Leeu beskik oor al die mag, krag en majesteit en moes geslag word soos 'n lam om die mensdom van sy sonde te bevry. Die Leeu van Juda het oorwinning behaal deur Hom te onderwerp aan Sy Hemelse Vader. Die Leeu wat sterk is moes die wêreld red deur swak te word soos die mens. God, die Vader, se genadeplan met die sonde van die mensdom is dat Sy Seun, as die Leeu van Juda, soos 'n lam geslag moet word. Jesus Christus is die Enigste Een wat in staat is om die Vader se plan uit te voer. Om die mens se sonde te oorwin verg die krag van 'n Leeu, en Jesus doen dit ook met die offervaardigheid van 'n Lam. Ons as kinders van God ontvang hierdie genade sonder dat ons dit verdien.

In Rigters 14 sien ons dat Simson 'n jong leeu met sy kaal hande doodmaak. Later toe Simson weer na Timna toe gaan het hy heuning in die leeukarkas gekry en daarvan geëet en ook aan sy ouers gegee. Simson se raaisel aan die Filistyne was: "Uit 'n eter kom daar iets te ete, uit 'n sterke kom daar iets soets." (Rigters 14:14). Die antwoord op die raaisel is: "Wat is soeter as heuning? Wat is sterker as 'n leeu?" (Rigters 14:18). Die Israeliete van die Ou Testament het die leeu beskou as die sterkste dier van almal. Heuning is soet en gee krag en energie aan die eter daarvan. Simson het uit die dooie leeu eenmalig iets te ete gekry.

Jesus Christus as die Ewige Leeu van Juda het met Sy kruisdood genade aan die mensdom gelewer. Hierdie genade kan gesien word as die heuning wat ons daagliks die krag gee om die wêreld rondom ons van Sy verlossingplan te vertel.

GEBED: Dankie Here, dat ek U kan aanbid as die Leeu en met U as my Verlosser kan stil word. Amen.



CAMO UNIFORM VIR ALLE LEDE



 Camo uniform vir alle lede aan regterkant

Op die regter arm word die skouerflits met die leeu gedra in swart en wit.
Offisiere dra hul rangtekens in swart en wit bo-op die skouer.
Die wit leeu simboliseer die "Leeu van die Wes Transvaal".
Hierdie wit leeu se oë is na bo gerig, na ons Skepper, waar ons hulp vandaan sal kom.

Camo uniform vir alle lede aan linkerkant

Op die linker arm WAS die skouerflits met die twee blitse gedra in swart en wit.

Na deeglike bestudering van die simboliek van die SS teken, het die Opperraad van die Ware Boere Weerstandsbeweging tot die slotsom gekom dat die WBW homself nie met die geskiedenis en betekenis daarvan kan vereenselwig nie en is daar 'n besluit geneem deur die Opperraad om weg te doen met die SS teken op die uniform.

Offisiere dra hul rangtekens in swart en wit bo-op die skouer.



DIE TRANSVAALSE VIERKLEUR VLAG



Die Transvaalse Vierkleur Vlag (3.5 X 6 cm)

Hierdie vlag word aan die regterkant net bokant die geborduurde van strokie van die lid gedra, wat direk bokant die regter sak van die hemp vasgewerk word

Die Transvaalse Vierkleur was die amptelike vlag van die Zuid-Afrikaanse Republiek en is deur ds Dirk van der Hoff ontwerp. Die vlag het amptelik as die ZAR se landsvlag gedien vanaf 1858 tot 1902, met periodes waar die ou Voortrekkervlag (1874-75) en die Union Jack (1877-1881) as amptelike vlag gehys is.

VERDIENSTELIKE EN ERE TOEKENNINGS
Bokant die linker sak van die uniform word alle verdienstelike en ere toekennings gedra

WEBBELT

'n Swart webbelt word saam met die kamofleerdrag gedra


SKOENE

Swart seil of leer stewels word saam met die kamofleerdrag gedra


HOOFDEKKING

'n Swart pet word gedra met die ronde petwapen daarop

No comments: