Kursus: Basiese Kursus

Hierdie kursus is 'n driedag kursus om lede 'n idee te gee van watter tipe SAQA Unit Standards behandel gaan word met die opvolg kursusse.
Dit is vir die WBW belangrik dat ons lede kursusse sal doen wat hulle ook kan gebruik in die normale werksomgewing. 
Wanneer 'n Unit Standard voltooi is, word dit by die National Qualifications Forum geregistreer teen die student se naam. Dit het 'n sekere getal krediet punte wat daaraan gekoppel is, wat as RPL (Recognition of Prior Learning) gedoen word om vas te stel of jy gekwalifiseerd is vir 'n sekere kursus, vir jou sal punte tel. Bv, ipv om al die Unit Standards vir 'n Sekuriteitsbeampte sertifikaat kursus te moet doen, kry jy erkenning vir dit wat jy by ons voltooi het en doen dan net die uitstaande modules.
Ons het tydens ons eerste naweek kamp groot pret gehad, terwyl ons 'n idee gekry het watter Unit Standards ons gedurende hierdie jaar gaan behandel.






KOMMUNIKASIE
(Duidelik was hierdie boodskap nie dieselfde as die oorspronklike boodskap nie)








SELFVERDEDIGING
(Sterkte aan al die manne. die dames moet oefening inkry na hierdie lekker kursus ...)


HUIS PENETRASIE
(Hoe om jou huis en haard te beskerm wanneer jy na 'n heerlike aand uit by die huis kom en inbrekers of rowers daar vind)


FIKSHEID
(Wie't kon droom dat eiergooi spangees kon bevorder en terselfdertyd ook kon baat as fiksheidsoefening sonder 'n ... aaah ...)


PARADE WERK
(Dit was heerlik ... nie besef dis ook 'n vorm van fiksheidsoefening nie. Ons dowe lede dril hier saam met ons. Ons sien na die naweek uit na ons eerste dril kompetisie!)


Ons help almal met die klein volksleiertjies. As hulle gelukkig is, is Pappa en Mamma gelukkig!


"Vir God, Volk en Vaderland"

No comments: